Ons Streef Na Uitnemendheid
Wat Maak Ons Uniek?
Wie Is Ons?
Laerskool Vredekloof is ‘n openbare, parallelmedium skool wat twee Afrikaanse en twee Engelse klasse per graad aanbied. Ons deure is vir die eerste keer Januarie 2019 geopen. Deur ons hoë standaard op akademiese, kulturele en sportaktiwiteite te skep, wil ons graag by ons leerders, ouers en onderwysers ‘n gesindheid van trots en sinergie kweek.
Ons Waardes
By Laerskool Vredekloof is ons daartoe verbind om ons leerders vir die Hoërskool en die ewig veranderende toekoms voor te berei. Ons streef voortdurend daarna om ons leerders se akademiese prestasie te verbeter, terwyl ons hulle begelei om die belangrikheid van deernis, respek, deursettingsvermoë en verantwoordelikheid te verstaan.
Ons Borge
Kontak Ons
Vul asseblief die vorm in of skakel ons tussen 08:00 v.m. en 14:30 n.m. Maandag tot Vrydag.