Leerondersteuning

Laerskool Vredekloof streef daarna om elke leerder aan die hand te neem en hul te ondersteun om sodoende hul volle potensiaal te bereik en die beste weergawe van hulself te ontdek.

Die emosionele welstand van ons leerders is vir ons ‘n prioriteit, aangesien dit die kern van enige sukses is. Laerskool Vredekloof streef om ‘n veilige omgewing te skep waar ons leerders teen hul eie tempo, met die nodige ondersteuning en motivering kan ontwikkel.

Ons Skoolgebaseerde Ondersteuningspan (SGOS), is verantwoordelik om aan alle klasopvoeders ondersteuning te bied rakende akademiese, opvoedkundige- en emosionele struikelblokke. Met deurlopende kommunikasie en spanwerk tussen die ouers en personeel, word struikelblokke vinnig geidentifiseer en effektief hanteer.

Skoolberader (Mev. Lénatha Rheeder):

Ons skool beskik oor ‘n baie bekwame skoolberader, Me. Lénatha Rheeder. Leerders kan na haar verwys word, maar is self ook welkom om haar te nader. Tydens sessies word daar aandag geskenk aan sosiale vaardighede, emosionele probleme, selfvetroue, selfbeeld, gedragsprobleme ens. Groepsessies word ook gehou, om leerders te ondersteun met hulle kommunikasievaardighede, asook hoe om konflik te hanteeer.

Didakties klasse (klasopvoeder)

Daar word twee keer per week Didaktiese-klasse aangebied vir leerders wat ekstra ondersteuning in Wiskunde en Huistaal benodig. Vaslegging van begrippe wat die leerders nog nie onder die knie het nie, is die fokuspunt van die Didaktiese klasse. Hierdie klasse is meer prakties en konkreet van aard.

Leerondersteuning klasse (Mev. Carla Meyer):

Tydens Leerondersteuning klasse word daar individuele aandag gegee aan die leerder se spesifieke leerbehoeftes, bv. leesvermoë, leesbegrip, spelling en vaslegging van taalkonsepte. Sodoende word die agterstande wat die leerder mag beleef ingehaal en die basiese beginsels (klanke, spelreëls, leesbegrip) weer vasgelê. Juf. Carla Meyer, onttrek die leerders een keer per week vir ‘n onderwerp-gefokusde sessie.

Sport

Laerskool Vredekloof glo in die holistiese ontwikkeling van die leerder. Sportdeelname is ‘n integrale deel van die ontwikkeling van liggaamlike en sosiale vaardighede.