Graad R

Vredekloof streef daarna om die Graad-R leeromgewing te vul met pret. Dit is vir ons belangrik om leerders holisties te ontwikkel deur middel van speel in ‘n meer formele opset. So verseker ons elke leerder se kognitiewe, sosiale, emosionele en fisiese ontwikkeling.

Leer vind plaas in ons goed toegeruste en ruim klaskamers. Ons speelarea skep ‘n veilige ruimte waar leerders heerlik kan speel en ontdek. Ons onderwyseresse is gekwalifiseerd, passievol en streef daarna om leer op ‘n kreatiewe en stimulerende manier te laat plaasvind.

Leerders se Graad R jaar lê die fondasie vir vaardighede wat skoolgereedheid verseker. Die oorgang na Graad 1 word vergemaklik deurdat leerders reeds blootgestel word aan die grootskool omgewing.

By Laerskool Vredekloof se Graad R kampus word leerders goed voorberei om as verantwoordelike individue hul plek in die sameleweing te kan volstaan.

Graad R Onderwysers

Marina Snyman

Gr RA1

Megan Palmer

Gr RA2

Taneal Rocher

Gr RE1

Ezandri Vermooten

Gr RE2

PRETDAE

BEROEPEDAG

BOEKEDAG

OUPA- EN OUMADAG

FUNKY FLIP FLOP DAG

Nasorg

U kind/ers se welsyn is vir ons die hoogste prioriteit. Dit is dus belangrik om te weet dat u van ‘n diens gebruik maak wat na uitnemendheid streef. Die reëlings, soos uiteengesit, het dit ten doel om u kind/ers se veiligheid en welsyn te verseker en u word vriendelik versoek om te alle tye daarby te hou.